KomInPas met Afrikaans: Eerste Addisionele Taal

R272,00

Kominpas met Afrikaans eerste addisionele taal is een handleiding wat vir graad 4, 5, 6 en 7 gebruik kan word. Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee. Onderwysers hoef nie meer kosbare tyd aan die opstel van notas te spandeer nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van werkkaarte gebruik. Die handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik en beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk vir byvoorbeeld spelling kan uit die handleiding gegee word. Daar is oulike wenke wat leerders help om sekere reëls maklik te onthou en daar is nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Kominpas met Afrikaans Huistaal is saamgestel deur C. de Villiers, CA. Kruger, CO. Krüger, L. Rautenbach, T. Smith, D. Struwig, E. van der Merwe en N. Wildenboer.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799384697

Number Of Pages

136

File Size

6.88 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

06-11-2017