Kodering en Robotika Apprentice Vlak 2 Werkboek

R143,95

Category:

Leerders bou voort op vorige kennis en gaan verder om die wêreld van blokbasiskodering te verken en oefen om die Micro:bit te gebruik. PUGGLE die robot wys leerders waar elke les begin. Leerders bou teoretiese en praktiese begrip van: – ligsensors – temperatuursensors – ligvlakmeters – drukknoppies. Leerders bou dan ’n Micro:bit-kar met: – lynvolgvermoëns – voorwerpvermydingsvermoëns – ’n afstandbeheerder. Leerders voeg ook ’n werkende kraanstruktuur by hulle Micro:bit-kar. Duidelike fotos van stroombane en skermskote van gekodeerde teks toon die sleutelkennis, -vaardighede en -waardes wat leerders sal help om stap vir stap te vorder – van om kode in ’n gesimuleerde omgewing te skep en te toets, tot ontfouting, en die oplaai en uitvoer van die program wat hulle geskep het. ’n Bygaande stel verskaf al die komponente wat leerders nodig het om hulle projek te bou.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9780190751081

File Size

31.11 mb

Format

EPUB

Published

21-02-2024