Kitsreken Graad 4 Werkboek Interactive ePUB (perpetual licence)

R96,00

Die Kitsreken-reeks is ontwikkel om deur middel van oefeninge leerders se kernvaardighede in wiskunde te help verbeter en konsolideer. Die nuwe uitgawe is gegrond op die KABV en volg die kurrikulum week vir week. Die oefeninge volg mekaar trapsgewys. Die vlak is gepas om leerders maklik te help oefen en hersien, terwyl ekstra aanlyn aktiwiteite hulle belangstelling verder prikkel. Dit hou hulle gemotiveerd om hulle vaardighede te bly ontwikkel.

Vir leerders is die Kitsreken-reeks ‘n prettige, maklike manier om selfstandig te werk en hul vordering te toets. Vir onderwysers wat ‘n helder begrip van wiskunde moet hê, is dit ‘n onmisbare hulpbron tot selfversekerdheid in die klas.

Hierdie Kitsreken-reeks is ook beskikbaar in Engels as Instamaths.

Hierdie e-boek is ‘n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in:

  • Die vermoë om op ‘n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk;
  • Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ‘n optimale lees- en leerervaring verseker; en
  • Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
Authors

, ,

Language

Publisher

ISBN

9780636193963

Number Of Pages

80

File Size

7.08 mb

Format

EPUB

Edition

2

Published

31-05-2016