Die verbod op Kennis van die aand in 1974 was ’n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. En danksy dié publisiteit is dit wêreldwyd vertaal. In Brink se werk self bly dit `n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen.Teen die agtergrond van ’n lydensgeskiedenis wat oor twee eeue strek en ’n geskakeerde beeld van Suid-Afrika vandag, verloop die lewensverhaal van ’n talentvolle Kaapse bruinman Josef Malan wat stadigaan – veral in die ontplooiing van sy liefdesverhouding met die Britse meisie Jessica – vernietig word deur die spanninge, magte en werklikhede van sy samelewing, terwyl hy tog ook op ’n paradoksale manier oorwin.
Kennis van die aand
R286,96
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9780798158602 |
Number Of Pages | 480 |
File Size | 1.22 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 03-05-2004 |