Keiser, Die (Afrikaans Huistaal Graad 11: Drama) ePDF (1-year licence)

R53,00

Bartho Smit het ‘n waagstuk onderneem om uit die bekende ou Andersen-sprokie van die kaal keiser ‘n variasie te versin wat enersyds so ná as moontlik aan die oorspronklike bly en andersyds tog in ‘n aanvaarbare moderne konteks geplaas word.

Deur dit in ‘n moderne Afrika-land te plaas en bekende uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt te neem, slaag hy daarin om ‘n situasie wat met die eerste oogopslag totaal fiktief en buitensporig voorkom, verrassend geloofwaardig te maak. Die realistiese, die satiriese en die simboliese is uitstekend verweef–  en dit was ‘n geniale vonds om die wewer ook as rebellieleier te gebruik.

Geslaagd is ook die wyse waarop die stuk algaande ‘n groter verskeidenheid van “tone” verkry: Terwyl dit soms onverbloemd komies is, verkry dit ook sterk spanningselemente, en veral in die derde bedryf ‘n ontroerende filosofiese dimensie–  wat tog steeds suiwer in terme van die dramatiese gegewe funksioneer.

Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:

  • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
  • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ‘n japtrap;
  • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.
Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9780636207363

Number Of Pages

128

File Size

0.43 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

19-08-2020