Karaktermoord

R185,00

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer
Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik
en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer
Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die
afwaartse spiraal momentum op.
’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die
hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat meer as ’n dekade gelede
tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie
aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.
Karaktermoord is die bekende jeugboekskrywer Carina Diedericks-
Hugo se langverwagte rillerdebuut.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781415210291

Number Of Pages

256

File Size

0.79 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-02-2019