In sneeu geskryf

R160,87

In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leër.
Dekades later, op ’n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in ’n Karoo- dorpie vir die kitsrykdom wat ’n somer by Sizzler’s, ’n bordeel in Seepunt, hom beloof. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliënte is hy “Frikkie”, ’n boerseun wat hul wildste fantasieë waar maak.
Wanneer ’n kliënt een aand vir hom ’n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich dié man, Bertus, in ’n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler’s uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen ’n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781415206393

Number Of Pages

376

File Size

1.71 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

05-08-2015