In ‘n land sonder voëls

R220,00

“Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demo­krasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwo­ners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek.
So het ons geglo, of so is aan ons vertel.
Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou.
En dit maak my gevaarlik.

Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie.
In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.”

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485904182

Number Of Pages

216

File Size

0.64 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-06-2019