Iemand Soos Zander

R85,00

Almal dink hulle wil ’n huisie by die see hê totdat hulle die buurman ontmoet. Wanneer Lori Lategan uitvind sy erf haar oupa se huis op Skulpbaai, lei sy aan dubbele skok. Haar onderdrukkende pa het haar vertel haar grootouers is lankal dood. Hierdie geleentheid is ’n kans op ’n nuwe lewe, weg van haar pa se oorheersende hand. Skaars op Skulpbaai ontmoet sy haar lastige nuwe buurman, Zander Malan, wat haar opdraande gee oor sy nooit by haar oupa kom kuier het nie, en haar beskuldig van geldgierigheid. Die vent is amper erger as haar pa. Tot die dag wat Fred Potgieter, die dorp se Groot Kokkedoor, Lori se lewe ’n nagmerrie maak. Skielik is Zander daar om te help skerm en Lori se hart begin vermurwe. Maar dan daag Zander se suster op en dit raak duidelik dat hy nie is wie hy voorgee om te wees nie.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639607207

Number Of Pages

208

File Size

0.49 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-06-2021