Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente het Suid-Afrika binne maande na hul eerste verskyning stormenderhand verower. Dié ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente gaan gewoonlik gepaard met dubbelsinnige eenreël-woordspelings en is enig in hul soort. Hierdie versameling bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes en meer as 50 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie.