Hoog tyd

R85,00

Category:

Dani de Villiers transporteer onverwags vanaf 2019 na 1724 tot in die sitkamer van die La Rochelle landgoed waar sy vir Jacques le Roux, die eienaar en wynboer, ontmoet. Verward en geskok oor waar sy haarself bevind, vertrou sy nie een woord wat uit Jacques se mond kom nie en sal eigiets doen om terug in haar eie tyd te kom. Jacques het egter ander planne vir haar, want geen vrou het hom al ooit so aangeraak nie. Omstandighede vermoeilik gou hulle situasie en voor Dani besef wat gebeur, moet sy met Jacques trou om die skinderbekke stil te kry. Om sake te vererger besef Dani dat sy besig is om haar hart op Jacques te verloor. Wanneer hy ‘n manier vind vir haar om terug te keer na 2019, moet sy ‘n besluit neem: Volg sy haar hart en bly by hom, of moet sy teruggaan na alles wat vir haar bekend is?

Authors

Publisher

ISBN

9781776358694

Number Of Pages

192

File Size

1.42 mb

Format

EPUB

Published

01-02-2023