Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

R252,17

Na raming het meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wêreldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet … Suid-Afrikaanse mediese dokter, skrywer en kenner op die gebied van holisties geïntegreerde medisyne, dr Arien van der Merwe, verduidelik in hierdie tydige en maklik leesbare boek wat presies diabetes is, die simptome, en die verskillende soorte – tipe 1, 2 en 3, wat diabetes veroorsaak, van fisiologie tot emosies, wat pre-diabetes en insulienweerstandigheid is, hoe diabetes en metaboliese sindroom verwant is, hoe diabetes verband hou met hartsiektes, Alzheimers en depressie en die verskillende soorte medikasie. Boonop bring dié boek ’n boodskap van hoop: Diegene met diabetes en metaboliese sindroom se bloedsuikervlakke en verwante simptome kán doeltreffend bestuur word, soms selfs omgekeer word, wat dit moontlik maak om ’n normale, aktiewe en lang lewe te lei.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798169394

Number Of Pages

256

File Size

6.17 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

10-09-2015