Gerugte van reën

R269,57

Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die apartheidsregering onder embargo geplaas.
In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, bring ’n naweek op sy ou familieplaas deur om oor die verkoop daarvan te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798167369

Number Of Pages

312

File Size

1.20 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

26-09-2014