Geloof anderkant Sondag

R235,00

‘n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Dié boek is vir hierdie soekendes. Die bekende teoloog Julian Müller onderskei tussen wat hy ‘n Sondag-geloof noem en “geloof anderkant Sondag”. Waar ‘n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reëls en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig. Müller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624066248

Number Of Pages

204

File Size

0.72 mb

Format

EPUB

Published

03-07-2014