Frieke se Beskermengel

R81,74

Ná haar verloofde se dood tydens ʼn kapingspoging worstel Frieke met skuldgevoelens. Op aandrang van haar ouers en haar beste vriendin vertrek sy na Italië waar haar stiefbroer, Marco, as argeoloog werk. Haar reis en hul soektog na Alarick se legendariese graf maak die verre en onlangse verlede vir haar oop. Terwyl sy en Marco in Cosenza tussen Middeleeuse geboue en antieke ruïnes ronddool, herstel die onverklaarbare breuk tussen hulle geleidelik.Terselfdertyd word dit ʼn ontdekkingsreis na haar ware self en wat in haar eie hart lê. Dit bring vertroosting en genesing, asook die antwoord op ʼn ou raaisel. Ondanks verraad, misverstande en gevare vind sy die kosbaarste skat: Ware geluk.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776359271

Number Of Pages

192

File Size

0.67 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-09-2023