Ettie Bierman Keur 10

R221,74

Drie liefdesverhale om romantiese verlangens mee te voed. In Die snip van Sesdorings laat die aankoms van ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam Hennie Vermaak die vonke behoorlik spat – sy moet besit neem van haar erfenis, maar eers is daar óú vetes wat besleg moet word. Daar is talle struikelblokke wat oorkom moet word in Rabbedoe en rissiepit voordat die rabbedoe (en voornemende werktuigkundige) Nell liefde kan vind in die arms van die ryk, selfversekerde Dewald. Een van dié struikelblokke is die sjarmante hofmaker Badie, want Nell weier om die lasterlike dinge wat oor hóm kwytgeraak word, te glo . . . En in Die hart se tweede lente kry Kara Verster met vele dinge te doen tydens haar eerste oorsese vlug as lugwaardin: onder meer ʼn gekletterde seekat, ʼn towenaar, twee Duitsers in ʼn koma, ʼn lang, groen, haarlose hond en ’n twyfelagtige waarsegster!

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624071785

Number Of Pages

512

File Size

1.14 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

19-11-2014