Ek is Liza Smit

R216,40

Categories: ,

Robert en Jeanne Smit is op 22 November 1977 koelbloedig en wreed vermoor. Veertig jaar later is die moordenaars steeds op vrye voet. In hierdie boek ontmoet die leser die Smit-egpaar se dogter, Liza. Sy vertel in haar eie woorde hoe die raaiselagtige moorde ʼn tradisionele Afrikanergesin in die laat 1970’s uitmekaar geskeur het. Nadat Robert Smit bedrog ontdek het waaroor hy net nie kon stilbly nie, is hy en sy vrou Jeanne koelbloedig vermoor en hul twee tieners wees gelaat. Die woorde RAU TEM wat op die kombuismure gespuitverf is, was die enigste leidraad. Tot vandag toe is die betekenis daarvan ʼn raaisel. In hierdie aangrypende boek loop die leser die pad saam met Liza. Van haar sorgelose kleintyd oorsee waar haar pa Suid-Afrika as diplomaat verteenwoordig het, dwarsdeur haar onstuimige tienerjare by familie op ʼn Vrystaatse plaas tot waar sy haar vandag bevind. Ervaar saam met haar die lewe sonder ouers en hoe die nadraai van die moorde altyd deel van haar besluite en afdraaipaaie sou bly. Lees oor haar eie vasberade ondersoek na die moorde waarin sy die meedoënlose wêreld van die politiek en die verrotting in die destydse Nasionale Party ontbloot het. Lê saam haar besoek af by die gevreesde Lang Generaal, Hendrik van den Berg, oud-minister Pik Botha en ander mense wat ʼn rol gespeel het in die politiek van die dag. Liza se soeke na antwoorde oor haar ouers se moorde het gelei tot ʼn verslag wat aan die WVK voorgelê is met die hartverskeurende pleidooi: vind asseblief uit wie ons ouers vermoor het. Ek is Liza vertel die verhaal van ’n moedige vrou wat nie teruggestaan het vir die duwweltjies en skaapdorings op haar lewenspad nie. Sy is die toonbeeld van hoop na die storms, en ʼn bewys dat Liefde alles kan oorkom al het ons nie al die antwoorde nie. Debuutskrywer Raquel Lewis, Liza se vriendin, vertel Liza se storie met besondere insig en deernis. Sodat niemand ooit die onreg van die steeds onopgeloste moorde sal vergeet nie, en ook sodat Liza heling kan kry.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781431427468

Number Of Pages

278

File Size

2.49 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2018