Doodskoot

R175,00

Dit gaan nag raak in die Swartland …
Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die landplatloop. Daar is ’n aand, ’n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie.
Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, ’n ryk sakeman, om in gietende reën sy motor se gebarste band om te ruil.
Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie – sy tyd daar begin
meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin ’n dodelike jong vrou se kop vol planne op ’n vreeslike einde kan afstuur.
Doodskoot is ’n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie deur ’n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485903611

Number Of Pages

256

File Size

0.59 mb

Format

EPUB

Published

01-08-2016