Donkertyd: My naam is Tina

R246,50

Category:

Wanneer vrees die verhouding tussen pa en dogter oorheers, trek die vorentoe kyk op die lewe vir Tina Joubert skeef. Sy is tot haar misnoeë vernoem na haar ouma Geertina, op haar beurt ʼn troosnaam vir haar vader, Geerton, wat in diepe droefheid versink het by die aanhoor dat daar nie vir hom ʼn manlike erfgenaam sou wees nie. Vir die mense na aan haar word sy Tina, haar pa egter volhard met Geertina. Tina vertel die verhaal van haar pad saam met haar pa, Servaas, haar ma Annie, en haar broer Sarel, vyf jaar ouer as sy, die sondekind van haar pa en ma, op die plaas Die Laagte waar vyf geslagte Jouberts reeds jare lank ʼn bestaan maak. Tina se grootste sonde, waaraan sy dikwels herinner word, is dat sy “dik” is – sy en haar ma “vreet” heeldag. Servaas is ʼn karakter vol teenstrydighede. Tuis is hy ʼn bullebak, buite die grense van die plaas raak hy opdringerig joviaal. “Vergewe jul Pa,” maan Annie telkens wanneer Servaas sy onbeteulbare woede op sy kinders uithaal, “sy kindertyd was donker.” Annie, sag, mollig en getrou aan haar huwelik en haar man, het skynbaar haar lot aanvaar. Wanneer Tina byvoorbeeld een oggend haar ma vra: “Wanneer kry ek ʼn boetie of ʼn sussie?” kom Servaas onverwags by die agterdeur in en antwoord: “Nie solank ek langs ʼn seekoei slaap nie.” Tina wil veearts word. Haar pa weier om geld te gee – “jou ma het jou mos al klaar geleer om varke vet te voer. Gaan vang vir jou ʼn dokter.” Sy sien wel ʼn uitweg, weg van die plaas en Servaas af, om ʼn dak oor haar kop te kry, geld in haar sak en om student te wees – sy word ʼn verpleegster. Maar boelies bly boelies, varke bly varke, dit wee Tina ná haar ma in Tina se eerste jaar weg van die huis sterf. En haar pa bly haar pa, veral toe sy liefdeslewe vlerke kry.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780637002981

Number Of Pages

272

File Size

3.24 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-03-2024