Die lewe van Ruben Olivier, ’n vyf-en-sestigjarige oudbibliotekaris, word onderstebo gekeer wanneer die jong Tessa by hom kom loseer. Nie alleen moet die wewenaar sy eie lewe, sy eie tekortkominge weer in oënskou neem nie, maar ewe skielik moet hy hom weer oor die lewe van iemand anders bekommer – iemand tot wie hy besonder aangetrokke voel. Maar het hulle verhouding, ’n verwikkelde een, ’n toekoms?En boonop is daar ‘n spook in die huis – dié van Antje van Bengale, die arme jong slagoffer van haar gewelddadige baas en minnaar, in die dae toe die Kaap nog Hollands was.André Brink se jongste roman, ’n hutspot met sterk elemente van die magiese realisme, toon die skrywer op sy meesleurende beste.
Donkermaan
R260,87
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9780798158664 |
Number Of Pages | 348 |
File Size | 0.91 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 15-08-2000 |