Die vyfde slag

R236,52

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Karl Louw, ’n prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ’n regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in ’n patriargale, chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar. Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit — en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie. Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Die verhaal hanteer verkragting en intimiteit op sensitiewe wyse: al drie vrouens word letterlik of figuurlik verkrag. Daar word krities gekyk na bv. die regsbeskouing dat indien ’n vrou ’n orgasme beleef tydens die verkragting dit beskou as ‘uitgestelde toestemming’ tot die daad. Teenoor die wetlike aspekte word die persoonlike impak en rippeleffek van só ’n traumatise ervaring ondersoek. Die boek word egter nooit ’n neerdrukkende, gewroegde teks nie. Die titel verwys na die vyf tromslae aan die begin van Beethoven se vioolkonsert in D majeur, met die vyfde tromslag wat sowel ’n afsluiting as ’n begin is. Vandaar die motto deur TS Eliot: ‘In my end is my beginning’.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639606255

Number Of Pages

384

File Size

0.86 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2021