Die Verdriet van België

R343,48

Die verdriet van België omvat die tydperk 1939-1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ‘n leerling aan ‘n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Verwarring, hunkering en bedrog vorm sy jeugjare in die skoot van ‘n kleurryke en verbysterende familie. Die Vlaamse lewenswyse in hierdie historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in ‘n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Dit is ‘n komplekse en meesleurende roman. Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485311942

Number Of Pages

728

File Size

3.76 mb

Format

PDF