Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse gholf

R117,39

Die Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Gholf is ‘n móét lees vir enige gholf-fanatikus. Michael Vlismas het uit jare se ervaring as sport- en gholfjoernalis geput om ‘n fassinerende versameling trivia, aanhalings, ongelooflike tellings, skreeusnaakse staaltjies en verhale van agter die skerms van Suid-Afrika gholf saam te stel. Hierdie uitsonderlike Suid-Afrikaanse gholfboek bevat boeiende trivia soos: die blouape wat die kameraspan gedurende ‘n belangrike toernooi gekaap het; die Suid-Afrikaanse gholfklub wat bekend is vir sy slange; Jaco van Zyl se SA PGA-oorwinning vanuit ‘n roosbedding; die boer wat 30 km met sy trekker gery het om gras op sy plaaslike gholfbaan te plant; hoe Simon Hobday gedreig het om ‘n toeskouer en sy vrou te laat vermoor; die kolhou-prys wat niemand wou wen nie … en veel meer.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780143529736

Number Of Pages

0

File Size

0.44 mb

Format

EPUB

Published

28-09-2012