‘n Toeganklike en maklik leesbare gids wat verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse regstelsel werk. Daar is inligting en raad vir kwessies waarmee almal die een of ander tyd te make kry, soos trou, skei, testamente, skuld, huiskoop, sonde met die bure, werkskwessies, kontrakte en hofprosedures.
Die boek verduidelik dié en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal en is vol praktiese raad, sê waar jy om hulp kan aanklop en hoe om jou regskoste laag te hou.