Die Neus

R234,78

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot en begin hulle, met die hulp van Aga se rowwejack mechanic-buurman, die speurtog om die moord op haar ma (baie lank gelede) te ontrafel. Die intrige spin vinnig ’n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon, onderhoudend, plek-plek skreeusnaaks. Steinmair is ’n uitstekende storieverteller.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798158251

Number Of Pages

192

File Size

0.75 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

27-08-2012