Die nege lewens van Mevrou Smit

R230,43

Category:

Kan sy dit weer doen?Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord… Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op-winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie…Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur. Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776380565

Number Of Pages

304

File Size

0.90 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

09-05-2024