Die Driehoekige sirkel

R69,61

Caro Eksteen keer na 12 jaar terug na haar tuisdorp met net een doel voor oe?: vergelding. Diegene wat haar as jong dogter uitgebuit, gespot en verwerp het, moet weet hoe dit voel om verneder en verloe?n te word. Na soveel jare eien niemand die nuwe onderwyseressie as die oorgewig, nai?ewe Karolientjie van die verkeerde kant van die dorp nie, en kan sy haar planne in werking stel.
Maar Caro het nie rekening gehou daarmee dat sy emosioneel betrokke gaan raak by die lewens van haar kollegas en leerders nie die aantreklike Steyn Brink, die oulike verloofde paartjie Betsie en Dirk, die bitsige Salome, en die plomp, ongelukkige tiener Lauren, in wie sy soveel van haar eie hartseer jeug herken.
Wanneer Caro aanbied om die skool se Graad 11 krieketspan af te rig, raak dinge egter eers ingewikkeld. Die seuns vind dit moeilik om ‘n vroulike afrigter te aanvaar, maar wanneer rassisme in die span die kop uitsteek kom Caro voor haar grootste toets te staan. Ironies is dit egter juis die rassespanning onder die jong spelers wat Caro in staat stel om die tragiese gebeure van haar verlede te konfronteer.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781430738817

Number Of Pages

352

File Size

1.00 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-07-2017