Die Ambassadeur

R273,91

Die eerste uitgawe van hierdie roman in 1963 het ’n opskudding in die Afrikaanse gemeenskap veroorsaak, oor wat toe as “dekadensie” beskou is. Die roman speel hoofsaaklik af in Parys, die stad van romantiek – en tragiek. “Die liefde is ’n soort verwildering, omdat dit mens blootstel voor die chaos van jou eie hart”: dit is die ervaring van die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Paul van Heerden, wanneer hy in Parys betrokke raak in ’n verhouding met ’n meisie “van losse sedes” – ’n verhouding waarin hy algaande alles van hom moet afstroop wat vroeër waardevol was … Hy bevind hom in die apartheidsjare in ’n persoonlike krisis so fel soos die politieke krisis. ’n Verydelde derde sekretaris in die ambassade, en die onkonvensionele jong Nicolette wat een aand onverwags in die ambassade verskyn, speel ’n deurslaggewende rol daarin. Dit word ’n stryd om menslike vryheid, ’n worsteling met die probleem van sonde, en uiteindelik ’n keuse tussen hemel en hel.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798158626

Number Of Pages

368

File Size

0.80 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

30-05-2006