Die Cambridge IGCSETM Afrikaans Tweede Taal Leerdersboek 2de Uitgawe (Cambridge IGCSE™ Afrikaans Second edition) ondersteun die ontwikkeling van leerders se taalvaardighede op dinamiese wyse. Dié omvattende reeks is geskryf deur ervare onderwysers en bestaan uit twee afdelings. Afdeling 1 fokus op die ontwikkeling van interaktiewe luister-, lees-, skryf-, taal- en begripsvaardighede. Afdeling 2 gebruik ʼn verskeidenheid tekste en praktiese aktiwiteite om hierdie vaardighede vas te lê en die leerders te ondersteun in hul voorbereiding vir formele assessering. Onderwysers het toegang tot ʼn aanlyn onderwysersgids wat wenke, transkripsies van die luistertekste, en antwoorde vir die vrae in al die aktiwiteite insluit. Die Leerdersboek word onderskryf deur Cambridge Assessment International Education en bemagtig leerders om vlot in Afrikaans te kan kommunikeer. Die boek sluit in: Interessante en kontemporêre leestekste ondersteun die oefeninge en bevorder taalverwerwing; ʼn Verskeidenheid visuele tekste brei visuele geletterdheid uit; Woordeskat-kassies ondersteun die vaslegging van nuwe woorde en help met hersiening; Die luistertekste is gratis aanlyn beskikbaar en kan deur QR-kodes in die boek geaktiveer word; en “Hoe vorder jy?”-aktiwiteite aan die einde van Afdeling 1 se hoofstukke moedig onafhanklike studie aan en toets leerders se vordering.
Cambridge IGCSE™ Afrikaans Tweede Taal Leerdersboek Tweede Uitgawe
R466,43
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9781009455930 |
Number Of Pages | 0 |
File Size | 122.66 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 29-08-2024 |