Briewe van Mieliepit

R120,00

Hallo Liefsteling! Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen. Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinder boekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9780639604596

Number Of Pages

72

File Size

12.92 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-05-2021