Die verteller in hierdie verhale, Oom Gysbert, se stories speel af op
plase en dorpe in die Karoo. Die skrywer skep spanning met ingehoue
humor en die verhale eindig dikwels op verassende wyse.
Hy vertel van die eenvoudige Boggie wat in die hospitaal begin boer het
sodat hy vroegtydig weet wanneer die volgende begrafnis gaan plaasvind.
Dan is daar ook die suinige tant Geesie wat haar suiker in die vallei
van ‘n duisend heuwels van haar boesem bewaar. En die dag van die
mampoernagmaal.