Bagasie van die hart

R85,00

Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met bagasie. Net soos Teda, het Will ’n hartseer verlede wat altyd onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Daar is ook ’n tienerseun wie se gevoelens en leefwêreld hulle in ag moet neem. Saam met Will ontdek Teda nuwe plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie jare enigsins ’n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal verskillende plekke in hulle lewens met
doelwitte wat nié versoenbaar is nie?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776352227

Number Of Pages

208

File Size

1.36 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-06-2022