Asbesmiddag

R304,35

’n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan ’n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in ’n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer ’n bejaarde en beroemde biljoenêr, ’n asbesmagnaat. Die biljoenêr word ’n karakter in die skrywer se boek en die hooftema word die kunstenaar se uitbeelding van die werklikheid, wat lei tot die skepping van ’n vervormde en nuwe werklikheid, kortom, ’n onwaarskynlike onmoontlike: Storie. Die skrywer en die biljoenêr se lewens verknoop, werklikheid en fantasie verknoop, die twee vaders (die skrywer se bloedvader en sy nuwe magnaatvader) verknoop – en lei tot ’n skokkende einde wat reeds vroeg in die boek deur ’n Indiese fortuinverteller voorspel is.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624068747

Number Of Pages

347

File Size

0.92 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

30-12-2013