As die sterre kon praat

R89,25

Category:

Jare gelede het Amelia Henning haar hart gesluit vir enige vorm van die liefde. By Enigma, die wildreservaat waar sy werk, staan sy bekend as die katvrou met haar kennis en liefde vir luiperds. Amelia vind dit moeilik om vriende te maak totdat sy vir Justin Mills ontmoet. Met sy grasgroen oë en terglustige glimlag help hy haar om uit haar dop te kruip. Hoe meer tyd hulle saam deurbring, hoe sterker word haar gevoelens vir hom. Sy veg daarteen, maar tog kan sy nie ontken dat sy begin verander nie. Sy is nie meer die kwaai, stroewe mens van voorheen nie en weet Justin is deel van die verandering.Haar verlede bly egter in die pad staan van haar emosies. Gaan sy toelaat dat die verlede haar toekomstige geluk steel, of gaan sy haar hart oopmaak teenoor Justin?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781779875075

Number Of Pages

192

File Size

0.95 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-01-2024