Anton Rupert: ‘n lewensverhaal

R304,35

Anton Rupert, magnaat en weldoener, was ‘n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het. Tog sou sy Rembrandt Groep mettertyd wêreldbekend word, met handelsmerke soos Cartier, Dunhill, Rothmans en Montblanc. Binne dekades is ‘n familiedinastie opgebou en was die Ruperts, naas die Oppenheimers, die rykste familie in Afrika.

Skrywer en koerantman Ebbe Dommisse het omvangryke navorsing gedoen en vele gesprekke gevoer met Rupert, sy familie en mense wêreldwyd wat hom geken het. Die resultaat is dié boeiende boek oor ‘n Suid-Afrikaanse legende.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9780624063834

Number Of Pages

666

File Size

6.99 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

22-07-2013