Aan die windkant

R252,17

“Ek is waar ek is en dis perfek.” Dis die mantra wat Liefka Naudé by die lewensverrykingskursus geleer het. Net jammer dat dit glad nie vir haar werk nie. Op die klein Vrystaatse dorpie waar sy haar nou bevind, is daar skaars lewe. Wat nog te sê perfekte lewe. Op ses en dertig het sy ‘n silwer Audi A3, ‘n minimalistiese meenthuis in Johannesburg en ‘n kas vol ontwerpersklere; sy is ongetroud en die toonbeeld van die professionele vrou. Net jammer dat sy nie meer ‘n werk het nie – daarvoor het die grypende hande van haar afdelingshoof, William Pheto, gesorg. Tog haar verbasing vind Liefka mettertyd dat daar tóg lewe ná die rotresies is – ‘n nuwe lewe bevolk met rare karakters soos die lewensafrigter Fauré Fourie, Beatrix met haar organiese groentetuin en kruiekonkoksies, en Thoso wat in verkleinwoordjies praat en vroualleen ‘n klomp vigswese grootmaak. En dan is daar Sonnies Sonnekus, die nuwe man met die warm bruin oë en die hartseer verlede.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624051305

Number Of Pages

224

File Size

0.63 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2011