Salemstraat

R214,35

Twee skote klap in die stil oggendure en Salemstraat sal nooit weer dieselfde wees nie.
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die
noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige
paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die
buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal,
van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe
blik op die paartjie.
Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong
prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter
stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer
geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die
instapkaste getuimel.
Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776359752

Number Of Pages

192

File Size

3.23 mb

Format

EPUB

Published

01-06-2023