Die Vyfde mevrou Brink

R230,43

Die vyfde mevrou Brinkis Karina M. Szczurek se memoir van haar lewe voor, tydens en ná haar huwelik met André P. Brink. Die Pools gebore Karina was sewe-en-twintig toe sy dié bekroonde skrywer, twee-en-veertig jaar ouer as sy, ontmoet het en hulle daarna ’n dekade lank bymekaar was. Sy skryf oor hulle verhouding: van die eerste ontmoeting in Wene, Oostenryk, haar verhuising oor vastelande heen om by hom te wees in Kaapstad, hoe sy standvastigheid in hulle huwelik gevind het, tot hoe sy uiteindelik die uitdagings van André se kwynende gesondheid in die laaste paar jare van sy lewe moes hanteer. Hierdie openhartige vertelling is die verhaal van twee skrywersgeeste – ’n huldeblyk aan ’n huwelik wat tragies kortgeknip is, maar ook aan ’n liefde wat ’n leeftyd sal hou. Die boek is uit die Engels (The Fifth Mrs Brink) vertaal deur Erika Viljoen.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485310471

Number Of Pages

264

File Size

3.55 mb

Format

PDF