Slimkoppe Lees! Vlak 2 Boek 3: Goggas en diere ePDF (perpetual licence)

R66,96

Die Slimkoppe-leesreeks is deur onderwysers en leesspesialiste spesiaal ontwikkel om kinders met selfvertroue aan die lees te kry en by hulle ’n liefde vir lees aan te wakker. Die reeks is perfek vir kinders wat geskrewe woorde begin herken. Elke boek sluit notas in vir ouers, ’n woordelys, en aktiwiteite om seker te maak kinders verstaan die stories.

Slimkoppe Lees! Vlak 2 is vir kinders wat gereed is om sinne te begin lees. Die woorde vertel die storie en die illustrasies dra by tot die storielyn. Op hierdie vlak steun kinders steeds op die illustrasies as leidrade om die woorde te lees. Die stories is eenvoudig, maar grappig en vrolik. Bekende woorde word herhaal en nuwe woorde bekend gestel om jou kind se leeswoordeskat te vergroot. Wanneer hulle eenvoudige sinne kan lees, is hulle gereed om die avonture van die minlike Slimkoppe-karakters op Vlak 3 te volg.

Goggas en diere sluit die volgende vier stories in:
• Goggas, goggas, goggas!
• Pret met die olifante
• Maar waar is die apie?
• Die gesin gaan stap

Besoek www.slimkoppe.co.za vir meer inligting oor die Slimkoppe-reeks.

Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:
• die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
• na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap;
• in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781775951711

Number Of Pages

32

File Size

8.23 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

04-11-2013