Bloedbande

R236,52

Elke huis het sy kruis. Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ’n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.
Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak
Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime
sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe
voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy
klop nie.
Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar
eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders
dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die
straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar
ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin
skuil moet trotseer.
Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776351824

Number Of Pages

324

File Size

0.78 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-02-2022