Die geheime lewe van Gita

R214,78

Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ’n mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneersy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook ditby Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar siensonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar synuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei metdie amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita hetnie genoeg mantels om alkant te dek nie. Die geheime lewe van Gita is Jacolet van den Berg se eerste volwasse roman by LAPA. Dis ’n lekkerleesroman met komiese oomblikke en baie hart. Gita is ’n vrou met wie almal kan identifiseer. Sy sukkel om mans te vertrou as gevolg van haar ontroue pa en wil niemand naby haar toelaat nie. Sy is op die oppervlak iemand met selfvertroue, maar haar perfeksionistiese ma se verwyte lui gedurig in haar ore. Gita se storie kan enigiemand s’n wees.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639607283

Number Of Pages

300

File Size

0.59 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

17-05-2021