Studiegids: Thomas@skerpioen.net (Gratis)

R0,00

Thomas en sy vriende is baie gewild in klaskamers van graad 4 tot graad 9. Die boeke word gelees in Huistaalklasse en in Addisionele Taalklasse. Ons het dus ’n gids probeer saamstel wat so breed as moontlik van waarde sal wees. In dié gids is daar verwysings na die kurrikula van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal en na Afrikaans as Huistaal. Elkeen van die hoofstukke word apart ontleed, maar daar is ook ’n aantal algemene vrae, gebaseer op die kurrikulum, om die leerders te help om die novelle beter te verstaan. ’n Aantal taalspeletjies maak die lees van die boek nog lekkerder. Die gedetailleerde vrae oor elke hoofstuk bevat almal modelantwoorde. Enkele van die vrae wat die leerders help om hulleself te oriënteer is “oop” en by dié vrae word antwoorde dus nie voorgestel nie.

Authors
Language

Publisher

ISBN

9780799399035

Number Of Pages

65

File Size

0.29 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

01-01-2020