Studiegids: Thomas@moord.net (Gratis)

R0,01

Thomas en sy vriende is baie gewild by leerders in klaskamers van graad 4 tot graad 9. Die boek word gelees in Huistaalklasse en in Addisionele Taalklasse. Ons het dus ’n gids probeer saamstel wat oor so ’n breë spektrum as moontlik van nut sal wees. In dié gids is daar verwysings na die kurrikula van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal en na Afrikaans as Huistaal. Elke hoofstuk word afsonderlik ontleed met gedetailleerde vrae en modelantwoorde. Daar is ook ’n aantal algemene vrae, gebaseer op die kurrikulum, wat bedoel is om die leerders te help om die novelle beter te verstaan. Hierdie oriënteringsvrae is “oop” en by dié vrae word modelantwoorde dus nie voorgestel nie. ’n Aantal taalspeletjies maak die lees van die boek nog aangenamer.

Authors
Language

Publisher

ISBN

9780639604428

Number Of Pages

64

File Size

0.23 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

01-01-2020