In gesprek met Waldimar

R236,52

Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor . Hy noem Julius Malema ’n ‘rassis, diktator en fascis’, die ANC ‘ ’n spul kripvreters’ en oudpres. Jacob Zuma ’n ‘korrupte, seksistiese politieke tsotsi’. Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop — ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry. In Gesprek met Waldimar is ’n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799396164

Number Of Pages

224

File Size

1.25 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-11-2019