Blou trane

R206,96

Daniella Day het met ’n gerf aantekeninge oor alles wat sy gesien en gehoor het uit ’n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes gekom en ’n boek daarvan gemaak.

Met die lees van dié boek – nie vir sissies nie – beland die leser in ’n draaikolk van gebeure in die wêreld van verslawing, dwelmsmouse, moord, prostitusie en agterstraataborsies en van emosies oor Lisa die hopelose se verhaal van verval.

Wanneer jy die boek uiteindelik ontstem en ontroer toemaak, gevul met ’n nuwe duister kennis, weet jy: “Dit kon ek gewees het. Of my suster, of my kind.” Dis ’n ryk teks dié, met karakters van oor ’n wye spektrum, elk met sy of haar maniertjies en sonderlinge taalgebruik – taalgebruik wat nie net van skrywersvernuf getuig nie, maar op sigself ’n verhaal van verval vertel.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799369090

Number Of Pages

156

File Size

1.01 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

11-06-2014