Eugene ken van skollies en gangsters. Hy is streetwise, want hy kom immers uit die ghetto se killing fields. Maar nou is dit jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie. ‘n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.