Uit die flenters van bende-oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ʼn lewe aanmekaar. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos liefde: dit sal ʼn pad vind. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ʼn gemeenskap, ʼn verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ʼn sosiale werklikheid oop tot op die been.

Kristalvlakte
R165,22
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9780624080015 |
Number Of Pages | 88 |
File Size | 0.26 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 01-09-2016 |