Ons ken almal iemand wat Grens toe is en nie dieselfde teruggekom het nie.
Vandag, dekades ná die afloop daarvan, voer baie oud-dienspligtiges steeds ’n stryd met die trauma van die Grensoorlog. In Weermagstories, die eerste boek om die nasleep van dié oorlog uit ’n Christelike perspektief te benader, moedig Roelf Schoeman lesers aan om nie langer stil te bly nie.
Weermagstories bevat talle, soms ontstellende, ware verhale. Maar die boek verskaf ook ’n veilige roetekaart met riglyne en hulpbronne sodat enige ouddienspligtige sy storie, hoe erg ook al, kán vertel. Saam, binne ’n ondersteunende gemeenskap, is genesig moontlik.
’n Tydige boek met aangrypende ware verhale van pyn, maar ook van heling en hoop.