Toorberg

R269,57

Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisani, kind van Waterwyser du Pisani en KênsTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil.

Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die afarm-magistraat wat nóú, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbêre. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.

“‘n Boek met ‘n onweerstaanbare bekoring.” – Audrey Blignault

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624068785

Number Of Pages

221

File Size

2.00 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

15-01-2014