Terug na die Ou Testament

R182,61

Abraham of Moses? Geloof of die wet? Geld alle Ou-Testamentiese voorskrifte steeds vir Christene vandag? Indien nie, hoe onderskei ons dan wat geldig is en wat nie?
Binne die Christelike gemeenskap is daar groot meningsverskille hieroor. Kwessies rondom die besnydenis, die Sabbat, eet- en drinkvoorskrifte, offerandes, die verhouding met niegelowiges, die gebruik van die ramshoring en die aanspreek van God op sy Hebreeuse naam duik telkens en al dringender op.
In Terug na die Ou Testament … wys die bekende teoloog Adrio König op die radikale oorgang wat Jesus met sy lering en sterwe bewerkstellig het. Hy wys ook dat dit gevaarlik is om by Christus te wil byvoeg – al is dit om jou geloof te “verryk”.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780796318855

Number Of Pages

224

File Size

0.59 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

20-07-2014